North American F-86 Sabre

North American F-86 Sabre
'n F-86 Sabre in vlug.
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger North American Aviation
Nooiensvlug 1 Oktober 1947
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag (histories)
Spaanse Lugmag
Japannese Lugselfverdedigingsmag
Republiek Korea Lugmag
Aantal gebou 9 860
Eenheidskoste VS$ 219 457
Ontwikkel van North American FJ-1 Fury

Die North American F-86 Sabre (soms genoem die Sabrejet) was 'n transsoniese vegvliegtuig.

Die Sabre is deur North American Aviation vervaardig, en is bekend as die eerste swiepvlerkvegter uit die stal van die Verenigde State. Sy vlerkuitleg was soortgelyk aan die Sowjet MiG-15 s'n, en was die enigste straalvegter wat die MiGs kon aanvat in hoëspoed-lugskermutselings ("dogfights") oor die lugruim van Korea. Hy is beskou as een van die beste en belangrikste vegvliegtuie in die Korea-oorlog, maar ook hoogaangeskrewe in vergelyking met vegters van ander tydperke.

Hoewel dit in die laat 1940's ontwikkel is en reeds verouderd was teen die einde van die 1950's, is die Sabre as uiters veelsydig en aanpasbaar bewys. Dit het voortgegaan om as 'n frontlinie-vegter te dien in talle lande se lugmagte, tot die laaste aktiewe operasionele eksemplare in 1994 deur die Boliviaanse Lugmag uit diens gestel is.

Die North American F-100 Super Sabre is ontwikkel uit die F-86.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search